Japie Saayman en Danie de Jager was gereed om kliënte met raad en daad by te staan, met Amanda Snyman wat 'n ogie oor die fanansiële en administratiewe sy hou.
Die winkel brei uit
Beswaarlik drie jaar later besluit die eienaar van die familiebesigheid, Hennie Snyman om uit te brei en hy koop 'n groter perseel in Hoofweg, 'n gebou wat in 1882 opgerig is en wat vroeër jare ook deur 'n algemene handelaar bedryf was.
Buiten Japie en Danie wat steeds in die saal was, het Danny, Solomon, Kerwin en Willem by die werkerskorps aangesluit. Christa, Hennie se dogter is in beheer van finansies en sy seun Carl help met verkope en aankope. 'n Jaar gelede het hulle ook die hulp ingeroep van Phillip Swanepoel, wie se algemene kennis 'n groot aanwins is.
Iets vir elkeen
"Die winkel is elke DIY-, besigheidsman en bouer se droom en selfs ouma en oupa is welkom vir die skroefie wat kort op die koskas se deur!" beduie Hennie. Hulle beskik oor 'n wye verskeidenheid boumateriaal, gereedskap, tuinbenodigdhede, krane, elektriese toerusting en vele meer. En soos Carl die versekering gee: "As ons dit nie het nie, kry ons dit!"
Besigheidsure
Maandae tot Vrydae vanaf 07:00 tot 17:30 en Saterdae vanaf 07:30 tot 13:00.
Kontakbesonderhede
Snyman Boumateriale kan besoek word in Hoofstraat 4B, skakel hulle by 028 713 1321.

Die eienaar, Hennie Snyman het hierdie gebou in 1999 gekoop wat in die 1920's deur MWJ de Jager, ook 'n algemene handelaar en produktekoper bedryf was. Met 'n paar verbeterings en restourasies sien dit vandag nog so daaruit.