Advertorial
SAKE-NUUS - Jack Shcoeman is terug in Suid-Afrika nadat hy vir 13 jaar sy ervaring in Engeland verbreed het en hy by van die top privaat praktyke gewerk het.
Hy en sy vrou Marthie het besluit om die ‘wortelkanaal’ terug Riversdal toe te volg. Hulle beleef dit as ’n proses van herstel op baie terreine.
Jack aanvaar graag ’n nuwe uitdaging.
Sy praktyk, Smile again dentist, is in Heidelbergweg 3 geleë en hul deure is reeds vanaf Maandag 2 Julie oop. Sy doel is om die beste moontlike diens teen beskostigbare tariewe te lewer.
Hy het gesê: “Ek doen wat ek gewoond is om te doen en hou van tandheelkunde; om iets moois te skep met my hande. Dit is vir my lekker om mense gelukkig te sien. Ons nooi bestaande en nuwe pasiënte uit om ’n pad saam met ons te stap.”
Jack het na-graadse opleiding in implantologie gehad. Behalwe dat hy sy pasiënte wil laat reg byt is hy lief daarvoor om met sy motorfiets te gaan ry en kunsaashengel graag vir ontspanning. Dus is alle bikers en vissermanne welkom.
Ter viering van sy praktyk wat mense nou weer breed sal kan laat glimlag, bied hy tot einde Oktober ’n gratis konsultasie vir kinders onder 10 jaar aan.
Met Marthie as sy ontvangsdame, boekhouer en regterhand sien hulle uit na goeie vennootskap met hul pasiënte.
Kontakbesonderhede:
Tel: 028 713 4581 of 065 958 9362
www.smileagaindentist.co.za
Heidelbergweg 3, Riversdal
Maandae – Vrydae: 08:00 – 17:00
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'