Op Woensdag, 29 Februarie kry die publiek geleentheid om ongelooflike winskopies raak te loop wanneer Geldenhuys Afslaers in Bally Singel, Voorbaai, 'n reuse uitverkoping by hul perseel aanbied.
Die Mossel Bay Advertiser het reeds 'n draai gaan maak, en die items (alles natuurlik van groot handelsmerke) is werklik indrukwekkend.
Yskaste, stowe (gas en elektries), vrieskaste, wasmasjiene, oonde, mikrogolfoonde, stofsuiers, elektriese waaiers, klanktoerusting en televisie-stelle is slegs sommige van die groot verskeidenheid elektriese toebehore wat beskikbaar sal wees.
Daarbenewens is daar boonop beddens, matte, banke en kleiner toestelle soos broodroosters, ketels en strykysters.
Die voorraad, wat teen kosprys verkoop sal word, is van 'n bekende Oos-Londense meubel-kettingwinkel afkomstig en alles is splinternuut, inteendeel, sommige is selfs nog in verseelde houers.
Indien jy vinnig spring en seker maak dat jy om 09:00, wanneer die uitverkoping begin, daar is, kan van hierdie winskope joune wees.
Items sal vir vyf dae op uitverkoping wees, maar onthou "tyd vlieg", so moenie te laat wakker skrik nie!
Sien Geldenhuys Afslaers se advertensie op bl 56 vir meer besonderhede.
Die pragtige rusbank is deel van ‘n stylvolle stel wat ook by die uitverkoping beskikbaar sal wees.
ARTIKEL: LINDIE SCHRAADER, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS