Sponsored Content
SAKENUUS – Elke dorp het bekende stilhouplekke - die plekke wat mense leer vertrou het vir goeie raad, vriendelike gesigte en die alledaagse dinge wat die lewe met ons wollerige familielede, swembaddens in die agterplaas en besige huishoudings 'n bietjie makliker maak.
Die Riversdal-span van PET Pool & Home het sommer vinnig een van daardie stilhouplekke geword toe die Hessequa-gemeenskap die winkel as die Beste Troeteldierwinkel in Hessequa 2026 aangewys het - nadat ons eers in Junie 2025 ons deure oopgemaak het!
Om in so 'n kort tyd deur die gemeenskap gekies te word, is 'n trotse en ook nederige eer vir die Riversdal-span. Ons is opreg dankbaar teenoor almal wat die tyd geneem het om te stem, die winkel te ondersteun, of vir raad of net 'n geselsie in te loer.
Dié winkel het voorwaar die warm verwel-koming gekry waarvoor klein gemeenskappe bekend is.
Hoewel ons nuut in Riversdal is, is die familie-onderneming beslis nie nuut in die bediening van die Tuinroete-gemeenskap nie.
Sedert 2005 het ons ons reputasie opgebou, geskoei op 'n wye reeks produkte, billike pryse, praktiese raad en vriendelike diens.
Van troeteldierkos, -lekkernye en -bykomstighede tot swembadversorging, huisbenodigdhede, braai- en hervulprodukte, is ons aanbod gebou rondom die behoeftes van tipies Suid-Afrikaanse huishoudings.
Vir die span is hierdie toekenning nie die eindstreep nie. Dit is aanmoediging om die gemeenskap se vertroue te behou, een gelukkige klant ná die ander.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’