Sponsored Content
SAKENUUS - Pam Golding Eiendomme Heidelberg het vanjaar nóg 'n rede om trots te wees nadat hulle weer in die Best of Hessequa Readers' Choice Awards vereer is. Dié herhaalde erkenning is vir die span 'n bevestiging van die gemeenskap se vertroue en ondersteuning.
Pam Golding Heidelberg se verhaal het 21 jaar gelede begin, aanvanklik met 'n sterk fokus op plaasverkope.
Nikkie Kleynhans het 14 jaar gelede by die span aangesluit en nuwe energie en 'n groter fokus op residensiële en kommersiële eiendom gebring. As gebore en getoë Heidelberger het haar werksetiek, volharding en mensgerigte benadering 'n belangrike rol in die agentskap se groei gespeel.
Andele Klopper het verlede jaar as verhuringsagent by die span aangesluit en help om in die groeiende vraag na huureiendomme in die omgewing te voorsien.
Eerlikheid, lojaliteit en respek bly die kernwaardes waarop Pam Golding Heidelberg se diens gebou word. Elke kliënt word met dieselfde toewyding en waardering behandel, terwyl langtermynverhoudings en vertroue vooropgestel word.
Die span bedank elke kliënt en ondersteuner wat hierdie erkenning weer moontlik gemaak het.
Dankie vir elke stem en elke teken van vertroue. Julle lojaliteit motiveer ons om elke dag ons beste diens te lewer. Om weer hierdie erkenning te ontvang, maak ons ongelooflik trots en dankbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’