Advertorial
SAKE-NUUS - Hierdie is 'n mylpaal wat slegs bereik kon word met geloof, deurlopende toegewydheid van uiters bekwame personeel, lojale kliënte en die rugsteun van lojale groothandelaars.
Ons het die afgelope 21 jaar van 'n kleinsake onderneming met slegs een afdeling ontwikkel tot vandag, waar ons 4 afdelings het, wat almal mekaar komplementeer om dit een sake-inisiatief te maak en is ons met die afgelope Prestige Toekennings-aand van die Stilbaai Sakekamer, as die beste sakeonderneming in die Grootsake Afdeling aangewys. Voorwaar iets om op trots te wees!
Ons 4 afdelings bestaan uit:
- die winkel met algemene besigheidsdienste, grafiese ontwerp en drukkerswerk
- die rekenaar-afdeling wat hom toespits op verkope en instandhouding van nuwe rekenaartoerusting asook opgraderings en oplossing van netwerkprobleme
- die 'signage'-afdeling wat konsentreer op enige naamborde, reklame materiaal, aanwysingsborde buite, sowel as binne persele, 'wrap' van voertuie, druk van 'labels' en vele meer
- die laser-afdeling wat name en embleme uit perspex, hout, magnete ensovoorts sny en ook graveer
Pakketmoles is trots daarop om die plaaslike gemeenskap na die beste van hul vermoë te dien en deurlopend vriendelike en professionele diens te lewer. Aangesien ons 'n span met jongmense is, word daar deurlopend kreatief gedink en met sinergie tussen al die afdelings probleemoplossings gevind om doelwitte te bereik.
Pakketmoles soos almal hom ken.
Alhoewel Pakketmoles in Stilbaai geleë is, het die tegnologie dit oor die jare moontlik gemaak om werk en dienste nasionaal te lewer. Stilbaai het ook die afgelope 21 jaar gegroei en moes deurlopend poog om by die groei aan te pas en sodoende die plaaslike gemeenskap en kliënte volgens groeiende behoeftes te dien.
Ons streef deurlopend na doeltreffende dienslewering met integriteit, verantwoordelikheid en professionaliteit as daadwerklike doelwit wat ons voortbestaan en groei moet verseker.
Kom besoek ons op ons verjaarsdag en vier saam met hierdie spesiale span fees. Daar is baie pryse te wen met gelukkige trekkings. Die pryse is hoofsaaklik met trots geborg deur ons groothandelaars vir wie ons almal baie dankie wil sê.
Hans Kleinhans, Pakketmoles se staatmaker Faktotum sedert 1 November 1999.
Pakketmoles bedank hul lojale kliënte vir hul getroue ondersteuning gedurende die afgelope 21 jaar!
Skakel ons by 028 754 1187 of besoek ons webtuiste www.pakketmoles.co.za.
Kom vind ons by Voortrekkerstraat, Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'