Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - Alle paaie lei nie net na Rome nie, maar ook na Route Le Grange op Riversdal, 'n maatskappy wat produkte aan die nasionale mark voorsien, maar ook in die toekoms aan die internasionale mark wil voorsien.
Die woord Route in hul naam verwys na die reis waarop Christo en Amaria le Grange hulself bevind.
Unlimited Potential is die lewenswaarde wat hul uitleef. Op dié ontdekkingsreis kan Route Le Grange, die moedermaatskappy, se kliënte hul idees en ontwerpe laat waar word.
Wanneer jy saam met Route Le Grange op reis gaan, kan jy by hul verskillende afdelings vertoef, waarvan Style Crossing die eerste is. Dié maatskappy, wat voorheen as W.C. Glas en Kaste bedryf is, verskaf en installeer glas en vervaardig en installeer onder meer losstaande en ingeboude kombuis- en ander kaste.
Volgende op die roete kom jy by 'n kruispad wat Stone Cross Roads genoem word. Hier ontdek jy materiaal wat met ingevoerde tegnologie vervaardig word en wat as vloerbedekking in nywerheidsgeboue en woonhuise gebruik kan word. Dié veelsydige materiaal kan ook as toonbankoppervlak of selfs 'n grafsteen gebruik word.
Amaria, Chris-Mari en Christo le Grange by een van die produkte wat deur Décar Junction ontwerp en vervaardig is.
Op die Kraft Path kan jy meer van jou eie kreatiewe kant ontdek. Kunshandwerkprodukte vir hout, doen dit self-projekte, kinderontwikkeling en speelgoed, en lasersnitwerk op klein en baie groot skaal is deel van Kraft Path. Alles wat jy vir jou kunshandwerk nodig het - van stensils en kwasse, versierings en verf, is hier beskikbaar. Hulle is ook 'n trotse verskaffer van Craftex, Petite Rouge-verfreeks en Hamilton's kwasse. Gedurende Mei sal klasse in Petite Rouge-verftegnieke aangebied word. Hou hul Facebook-bladsy dop vir meer inligting.
LINKS: Chris-Mari speel lekker met een van die speelgoed-wasmasjiene. In die agtergrond is 'n popspeel kombuisie.
Décar Junction lyk en voel soos iets uit 'n ander wêreld, maar word sommer plaaslik vervaardig en ontwerp. Automotive furniture, soos dit genoem word, sal mans en vroue anders oor klassieke en sportmotors laat besin. Décar Junction ontwerp onder meer lessenaars, funksionele maar praktiese kuns en fokuspunte vir tuine uit ou motors. Wanneer jy nie meer 'n nut vir die ou-wiele het nie, blaas hulle by dié Junction nuwe lewe daarin.
Indien jou span of jy self 'aanwysings' vir jou lewenspad en spanontwikkeling nodig het, stap gerus af in Advance Avenue waar spanbou en professionele, geregistreerde afrigting vir die individu gevind kan word.
Skakel Christo by 028 713 2553 of besoek hulle by Fritz Grub-singel 34 waar hy en sy span gereed staan om jou te help. Besoek hul webtuiste by www.routlegrange.co.za of stuur 'n e-pos na christo@routelegrange.co.za.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Riversal, Hessequa nuus'