Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - Hi Way Bande het nuwe toevoegings by hul tak op Riversdal aangebring om aan hul kliënte 'n nog beter diens te lewer.
Volgens Noel Fourie, takbestuurder is dit vir hul belangrik om aan die kliënte se behoeftes te voorsien en daarom is 'n goeie verhouding met elke kliënt vir hul eerste prioriteit.
Hulle het 'n gerieflike koffiehoekie gebou waar kliënte nou rustig kan sit terwyl daar aan hul motors gewerk word. Die kuierhoekie is ingerig sodat kliënte gemaklik kan sit, 'n koffie kan geniet en tydskrifte kan deurblaai.
Nog 'n nuwe toevoeging is die wielsporingsmasjien wat binne die perseel aangebring is wat dit net meer gerieflik maak vir die kliënte in die toekoms.
Fourie vertel dat hul in samewerking met Hessequa Bande van Stilbaai altyd daarna sal streef om net die beste diensverskaffer vir hul kliënte te wees.
Hul produkte/dienste sluit in bande (nuut, tweedehands en versoling), batterye, ruitveërs, uitlaatstelsels, suspensies, skokbrekers, remme, wielsporing en wielbalansering. 'n Ekstra diens wat hul verskaf is om hul kliënt se voertuig te gaan haal en na die tyd weer terug te besorg.
Hi Way Bande is deel van 'n landswye netwerk en kan kliënte enige plek in die land tot diens wees, 24 uur per dag en sewe dae 'n week - slegs 'n oproep ver.
Hier kan kliënte rustig ontspan terwyl daar aan hul motors gewerk word. Foto's: Elize Blom.
Die takke in hierdie omgewing sluit in: Albertinia - 028 735 2586; Riversdal - 028 713 2211; Ladismith - 028 551 1199; Heidelberg - 028 722 2333; Swellendam - 028 514 3798; Oudtshoorn - 044 272 8333.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'