Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - Die man op die foto is Adrian Wilhelm Neethling gedoop maar noem my sommer Adrian.
My geskiedenis: Ek is gebore in Worcester maar die afgelope 17 jaar woonagtig in die vrugte paradys Montagu. Ek kom nou van die winderige stad PE met 11 jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf en 5 jaar bestuursondervinding in die kleinhandelsbedryf.
Ek is die nuwe gesig wie op 16 April 2018 by die La Bella Deli en Restaurant span aangesluit het. My visie is om ‘n verskil te maak - nie net in die besigheidsektor nie maar ook in die lewens van ander.
Dit alles gebasseer op die beginsels van Christelike waardes, respek, vriendelikheid, eerlikheid, opregtheid, kwaliteit, goeie diens en om gesonde verhoudings met almal te bou.
Mammas onthou dat Vadersdag op 17 Junie 2018 is. Indien u nie dan plek kan kry nie nooi ek u uit om ‘n koppie TRUTH koffie en ‘n soetigheid te kom geniet.
Om die kospotte op ‘n Sondag te vermy bring die hele gesin en kom sit aan tafel vir ‘n heerlike Sondagmaal.
Indien u ‘n verjaarsdag of spesiale geleentheid wil vier nooi ek u uit om dit met my te bespreek en ons maak dit SPESIAAL wat ook al die geleentheid is.
Adrian Wilhelm Neethling gedoop maar noem my sommer Adrian.
As die gemak van u huis u tuis hou kom bestel platters by ons. Vir diegene wie iets sterkers verlang kan ons ‘n wynproe by Baleia wynkelder reël met heerlike happies daarby.
Ek hoop dat ek u nuuskierigheid genoeg geprikkel het en hoop om u binnekort te ontmoet. Jou huis weg vanaf jou huis! Groetnis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'