Advertorial Gallery Video
STILBAAI SAKENUUS EN VIDEO - On the Rocks Restaurant is een van die bekendste besighede op Stilbaai.
Inwoners en besoekers ken dit die afgelope 18 jaar as die tuiste van gehalte braaigeregte, puik seekos, liplekker pizza en meer teen billike pryse.
Na die afsterwe van die vorige eienaar het almal gewonder wat nou van hul gunsteling eetplek gaan word. Toe Tony Jardim en sy vrou Anete oorneem is enige vrese dat 'alles' nou gaan verander gou besweer.
Meeste van die kombuispersoneel het aangebly vir kontinuïteit en Tony en Anete het vinnig ingeburger geraak.
Mettertyd het die Jardims met klein veranderings hul eie stempel begin afdruk. Enkele weke gelede het die restaurant nuwe dekor gekry en die twee helftes van die perseel is tot een saamgesmelt. Die resultaat is 'n vriendelike en gesellige kuierruimte wat met smaakvolle kleurgebruik in een tema gekoördineer is. 'n Intieme hoekie met 'n rusbank voor die kaggel nooi kliënte om te ontspan.
Die stoeparea spog met nuwe muurtonele wat die rots- en seetema deel van die restaurant maak. Daar is drie grootskermtelevisiestelle binne en een buite waar sportliefhebbers saam met vriende kan ontspan. Enige privaat funksies is ook welkom.
Die verbeterings is 'n deurlopende proses en Tony en Anete bruis van opgewondenheid oor die verrassings wat hul kliënte nog kan verwag.
Die enigste geheim wat hulle nou al wou weggee is die planne vir 'n splinternuwe vermaakarea vir kinders wat binne die volgende twee maande klaar sal wees.
Volgens Tony hou hulle die basiese spyskaart soos wat dit is ter nagedagtenis aan oorlede 'oom Dirk' met slegs klein veranderinge aan voorbereiding. Die Jardims bedank hul kliënte vir lojale ondersteuning. Hulle beplan om nog lank die gemeenskap na die beste van hul vermoë te dien. Hou hulle Facebook en Instagram blaaie 'On the Rocks Stilbaai' dop vir gereelde spesiale aanbiedinge.
Die restaurant is sewe dae per week oop en die volle spyskaart is beskikbaar vir wegneemetes. Besprekings en bestellings kan by 028 754 2367 gedoen word.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'