Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Jordaan Hardware is nie jou alledaagse winkel nie, dis ’n hardeware winkel met ’n hartklop. Dis ’n ou gevestigde besigheid wat ’n persoonlike diens lewer in die boubedryf en hier praat jy elke keer met dieselfde person.
Kallie Jordaan is die eienaar van Jordaan Hardware in Riversdal en glo daaraan om die plaaslike gemeenskap te ondersteun. “Ons is baie betrokke by ons plaaslike skole en nabye omgewing,” sê Kallie.
Vanaf 1 November 2024 verander die besigheid na Timbuild Riversdal. “Dit maak ons baie opgewonde. Ek glo dit sal ons na nuwe en beter hoogtes neem aangesien ons beter pryse kan lewer en sodoende meer en beter diens kan lewer,” verduidelik Jordaan opgewonde.
Die winkel is dalk klein, maar hul strewe daarna om diens te lewer met hart en siel en sal uit hul pad gaan om ’n produk verskaf. Hulle voorsien nie net boumateriaal nie, maar doen onder andere edging en ‘n nuwe lyn van toolhire met ‘n verskeidenheid van Ingco-reeks se kraggereedskap wat teen goeie pryse verhuur word.
Persoonlike behoeftes van hout word aangespreek sodat elke kliënt sy unieke stempel kan afdruk met sy eie voorkeure en versoeke. Vervul jou droom met ‘n pasgemaakte houtreeks wat jou kombuis, badkamer of slaapkamer na realiteit verander.
Hiér sal jy ‘n volledige reeks van onder andere loodgieter- en elektriese toerusting kry asook konstruksie hout, Nutec produkte, isolasie en PVC-plafonne.
Daar is geen projek te groot of te klein nie, van Jan Alleman, die gewone huisvrou tot DIY behoeftes word voorsien. Hul passie raak jou droom!
Jordaan Hardware, eersdaags Timbuild Riversdal is net ‘n oproep weg en sal altyd die ekstra myl loop vir al hul kliënte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’