Sponsored Content
SAKENUUS - Om vanjaar die toekenning as die beste voorskool in Hessequa in die Best of Hessequa Readers' Choice Awards te ontvang, is vir Ienkel Dienkel Preprimêre Skool 'n besondere eer.
Ons aanvaar dit met groot dankbaarheid.
Hierdie erkenning is vir ons veel meer as net 'n toekenning - dit is 'n bevestiging van die vertroue wat ons gemeenskap in Ienkel Dienkel plaas.
Dankie dat u as gemeenskap ons onder-steun, aanmoedig en saam met ons glo in dit wat ons elke dag vir ons kinders doen. U ondersteuning motiveer ons om steeds met liefde en uitnemendheid voort te bou.
Hierdie verantwoordelikheid aanvaar ons nie vanselfsprekend nie, maar word met toewyding deur 'n bekwame span hanteer.
Met hierdie erkenning het Ienkel Dienkel weereens besef dat elke voorskoolse instansie in ons gemeenskap 'n unieke karakter het en 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van ons jongspan lewer.
Saam, as voorskoolse instansie, maak ons 'n betekenisvolle verskil in die lewens van ons jongspan - 'n verskil wat 'n blywende impak op hul lewens vorentoe sal hê.
Ienkel Dienkel is baie gelukkig om 'n toegewyde span personeel agter hulle te hê wat 'n belangrike deel van die liefdevolle omgewing uitmaak waarin elke kleuter kan groei, leer en ontwikkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’