Advertorial
STILBAAI NUUS - Vir die eerste keer in nagenoeg 20 jaar verander die alombekende Lapskuit Restaurant na HULLE "by die see". Hierdie opwindende projek is die nuwe onderneming van sjef Tjaart Prinsloo, mede-eienaar van Coffee and Cream en deelnemer aan Kokkedoor Vuur en Vlam.
Die restaurant poog om iets nuuts aan Stilbaai te bied met hoofsaaklik seekos op die spyskaart en 'n Mediterreens geïnspireerde atmosfeer.
Dit is gerieflik geleë, met die strand en rivier op sy stoep.
Die restaurant beoog om in Desember oop te maak met bedryfsure wat iets vir die naguile gaan bied.
"Ek is verskriklik opgewonde vir HULLE. Dit vertel 'n ander kant van my en ons familie. Ek het vir jare lank gedroom om hierdie restaurant oop te maak en ek kan nie glo dit is in wording nie. Die geleentheid om iets moois en lekker aan Stilbaai se gemeenskap by te voeg maak dit al hoe meer die moeite werd" sê Prinsloo.
Gaan maak 'n draai by Waterkantstraat in Stilbaai-Wes en tuur oor die mooie waters van Stilbaai.
Sjef Tjaart Prinsloo voor sy nuwe projek, HULLE in wording.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’