"Ons almal weet dat motoronderhoud en veral bande, 'n groot hap uit enigeen se finansies maak.
Hoewel dit gelukkig nie maandeliks vervang hoef te word nie, is daar maniere waarop jy jou motorbande se leeftyd baie langer kan rek," sê Jacques Snyman, bestuurder van Hi Way, Heidelberg. Volgens hom is Nitrogen die antwoord, wat by hul tak asook die tak in Robertson op die roete Kaap toe beskikbaar is. Die redes vir sy stelling is soos volg:
Nitrogen is stikstof, wat die lug is minus die suurstof, waterdamp en 'n paar van die minder belangrike gasse wat ons atmosfeer uitmaak. Daar word van die suurstof en waterdamp ontslae geraak, omdat suurstofgas tussen 3 tot 4 keer vinniger as stikstof deur 'n band migreer (ontsnap).
Gasagtige waterdamp migreer ongeveer 117 keer vinniger as stikstof deur 'n band en dit ontstaan daagliks in 'n band wanneer lug verhit en verkoel, wat die rede is hoekom bande druk verloor. Die grootste probleem is dat, terwyl hierdie twee gasse deur die band ontsnap, dit veroudering aan die binnekant meebring wat dit meer poreus maak, gordels laat roes en drukverlies bespoedig. Dit is hoekom 'n ou band nie soveel druk soos 'n nuwe band behou nie.
"Daarenteen sal 'n band wat met Nitrogen gevul word, nie oksideer of verouder aan die binnekant nie. Dit sal sterker wees en druk soos 'n nuwe band behou, selfs aan die einde van sy leeftyd," verduidelik hy. Banddruk is vier keer beter omdat die stikstof die stadigste deur 'n band migreer. Dit beteken die band hoef baie minder opgevul te word en bekommernis oor bandveiligheid verminder. 'n Band wat reg gevul is, sal minder hitte genereer en Nitrogen behou nie hitte soos suurstof nie. Minder hitte beteken uiteraard 'n langer leeftyd vir 'n band.
'n Band wat ook nie reg gepomp is nie, genereer meer hitte en verweer vinniger. Volgens statistieke van groot bandmaatskappye kan 'n band wat 30% te sag gepomp word, sy lewe met tot 30% verkort en brandstofverbruik met 5% verhoog.
'n Band wat met Nitrogen gevul is vir kommersiële vervoer én die privaat motoris bring 'n langer bandlewe mee, bande wat koeler is wanneer jy ry, laer sent per kilometer en brandstofverbruik en minder probleme met bande wat meer veiligheid beteken.
Hi Way Bande het die volgende takke vir professionele kliëntediens:
- Hi Way Bande Riversdal, Kerk straat 16, 028 713 2211 of 082 494 4273;
- Hi Way Bande Heidelberg, Eksteenstraat 24A, 028 722 2333 of 082 494 4471;
- Hi Way Bande Robertson, Voortrekker straat 2A, 023 626 2224 of 082 412 0594;
- Hi Way Bande Ladismith, Suid straat 7, 028 551 1199, 082 413 2698 en
- Hi Way Bande Swellendam, Cooper straat 8, 028 514 3798 of 082 410 4391.