HESSEQUA NUUS - Lê JOU TROUBELOFTES AF MET DIE SEE AS JOU GETUIE
Met ‘n kapel wat uitkyk oor die see is daar sekerlik nie baie venues wat kan meeding met dit wat Gourikwa aanbied nie.
Die pragtige kapel met sy grasdak en kloktoring is skaars 50 meter van die strand en die perfekte plek om troufoto’s te neem.
Loopafstand van die kapel, is ‘n splinternuwe banketsaal wat tussen 180 en 200 mense kan akkommodeer.
Al die tafels en stoele word voorsien, maar spyseniering is nie ingesluit nie. Die swembad-area met kleedkamers kan ook as ‘n addisionele kroeg gebruik word.
5KM VAN ASEMROWENDE KUSLYN IS ALLES JOUNE
Of jy nou lus is vir 'n wegbreek naweek of smak na 'n langer vakansie, Gourikwa Reserve se selfsorg eenhede sal beslis jou stoutste verwagtinge oortref.
Ons bied drie vrystaande eenhede aan: Die Gourikwa kothuise, enkel kamers en die Visserman huise. Alle eenhede is onlangs oorgedoen en beskik oor slaapplek vir 2-6 persone, afhangende van die eenheid se grootte.
Elke eenheid beskik oor sy eie sjarme en bied asemrowende uitsigte oor die see.
KONTAK ONS
Marelize van Rensburg – 087 702 9126
info@gourikwa.co.za | www.gourikwa.co.za
Of jy nou lus is vir 'n wegbreek naweek of smak na 'n langer vakansie, Gourikwa Reserve se selfsorg eenhede sal beslis jou stoutste verwagtinge oortref.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'