Advertorial Gallery Video
SAKE NUUS - Fynbos Rekenmeesters is 'n geregistreerde rekenmeesterspraktyk wat te Barrystraat 17, Riversdal geleë is.
Paul en Sandra van Jaarsveld, vennote van Van Jaarsveld Rekenmeesters wat al langer as 20 jaar in die Finansiële Bedryf is, het onlangs die praktyk se naam na Fynbos Rekenmeesters verander.
Personeel
Die professionele span, bestaande uit Sandra en Paul, Marzanne Barnard en Ingrid Lorenz, word ondersteun deur drie rekeningkundige klerke. Die praktyk bied professionele rekenmeestersdienste aan wat 'n eenstop-diens verseker. Elke lid van die professionele span het hul eie spesialiteitsveld. Sandra is 'n gesertifiseerde geöktrooieerde rekenmeester met meer as twee dekades se ondervinding. Paul, wat 'n belastingspesialis is, is ook 'n boer en bedryf verskeie suksesvolle besighede landwyd. Marzanne Barnard is 'n besigheidsrekenmeester met ervaring in verskeie bedrywe, rekeningkundige raamwerke en belastingtipes. Ingrid Lorenz is 'n professionele rekenmeester wat by die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters geregistreer is, asook 'n belastingpraktisyn.
Dienste
Fynbos Rekenmeesters bied dienste aan wat al die aspekte van jou besigheid hanteer. Dit kan breedweg in verskillende kategorieë groepeer word, naamlik:
Die skep, instandhouding en bedryf van 'n maatskappy
Sekretariële dienste met betrekking tot maatskappye, wat insluit: Die indien van maatskappy en beslote korporasies se jaarlikse opgawes (CIPC); die oprigting van nuwe maatskappye en trusts; veranderinge en aanpassings aan bestaande maatskappye en trusts; opstel van aandeelhouding-ooreenkomste en die administrasie met betrekking tot oordrag van aandele.
Salarisse/lone en menslike hulpbronbestuur
Hulle bied hulp met salarisse en lone, wat die installering van geskikte salaris-sagteware, wat by jou besigheid se behoeftes pas, insluit. Hul diens sluit voorbereiding van salarisse en lone, hetsy maandeliks, tweeweekliks- of op 'n weeklikse basis in. Fynbos Rekenmeesters doen loon-rekonsiliasies, werkloosheidsversekeringregistrasies en maandelikse elektroniese indienings van opgawes by die departement van arbeid. Hulle hanteer ook die registrasies en indienings aan die vergoedingskommissaris. Met betrekking tot menslike hulpbronbestuur, verleen hulle hulp met die opstel van CV's, onderhoude en indiensnemingskontrakte.
Oudits, finansiële state, verslae
Fynbos Rekenmeesters maak seker jou entiteit voldoen aan die vereistes van die maatskappywet. Hulle doen die opstel van finansiële state, oudits en/of onafhanklike oorsig-verslae van besighede. Hulle sal ook help en aanbevelings doen indien jy as besigheidseienaar jou interne besigheidsisteme wil evalueer.
Belasting
Hulle hanteer belastings soos die berekening van BTW, LBS, dividendbelastings en sekuriteite-oordragbelastings; fasiliteer registrasie van inkomstebelasting en die uitreik van belastingklaringsertifikate. Fynbos Rekenmeesters hanteer ook navrae en verskille met SAID, en bekom belastingklaringsertifikate van individue en entiteite.
Beplanningadvies
Hulle verskaf advies met betrekking tot die beplanning van jou finansiële welvaart, besigheidsanalise en risiko-analise; die opstel van besigheidsplan-portfolio; die opstel van testamente en bereddering van boedels.
Voldoening aan BEE en ander vereistes
Hulle help jou ook help om te voldoen aan die verskillende vereistes wat aan 'n maatskappy gestel word, naamlik: Die uitreik van swartbemagtigingsertifikate; opstel en indiening van reg van toegang tot inligting handleiding; opstel en indiening van beskerming van persoonlike inligting-handleiding; en die opstel en indiening van gelyke indiensnemingsverslae en gelyke indiensnemingsplan.
Programmatuur
Hulle help jou ook om rekeningkundige sagteware te installeer en verskaf opleiding. Dit sluit onder meer Sageone, Pastel, Xero, Wave, E-filing, IQ en E@syfile in.
Kontakbesonderhede
Telefoon: 028 713 4129; Faks: 086 590 8705; e-pos: info@fynbosacc.co.za of besoek die webtuiste by www.fynbosacc.co.za
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'