Advertorial
STILBAAI NUUS - 'n Nuwe DIY depot het op Woensdag, 1 Junie sy deure op die hoek van Steadfray- en Ritbarstrate in die Kloof industriële gebied in Stilbaai oopgemaak.
Volgens die bestuurder en mede-eienaar, John Carolus, is hy en sy personeel gereed om doen-dit-self entoesiaste by te staan met enige gereedskap en materiaal wat hulle benodig.
André van Greunen, mede-eienaar en aandeelhouer in die Ellenrust-ontwikkeling langs die gemeenskapsaal is ook baie opgewonde met die nuwe winkel en sê dat hulle baie nou met die gemeenskap wil saamwerk.
Hulle hoof doelwit is dan ook om vriendelike, professionele diens aan die gemeenskap te lewer en om seker te maak dat aan al hulle behoeftes voldoen word.
Hulle is ook nie in kompetisie met ander hardeware winkels nie, maar sien hulself as 'n aanvulling tot die bestaande besighede.
Hulle is Maandag tot Vrydag oop van 07:30 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 12:00. Sondae is hulle gesluit.
Die depot voorsien in al jou verfbehoeftes, loodgieterbenodigdhede, hout, staal, sement, kraggereedskap, handgereedskap, dakkappe, vensters en deurrame, tuinbou, spykers en skroewe, asook seëlmiddels.
Besoek gerus die DIY depot. John en sy hulpvaardige personeel staan gereed om van hulp te wees!
Hier is letterlik alles wat 'n doen-dit-self entoesias, bouers en dies meer sal vind.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'