Advertorial Gallery Video
HESSEQUA SAKE NUUS EN VIDEO - Mass Hire vier op 1 Julie hul negende bestaansjaar, 'n groot mylpaal vir die eienaars, Chris Olivier, wat die Mass Hire-tak in Stilbaai bestuur, tesame met sy ouers en sakevennote, Danie en Christolien Olivier van die tak in Riversdal.
Vir die Oliviers is professionele diens teen bekostigbare pryse nog uiters belangrik.
Geen projek is te klein of te groot vir Mass Hire nie. Tesame met hul ervare personeel doen hulle die verhuring van toerusting oor 'n wye gebied, naamlik Stilbaai, Jongensfontein, Riversdal, Heidelberg en Albertinia in die Hessequa-streek, maar ook omliggende dorpe soos Ladismith, Vanwyksdorp, Barrydale en Swellendam. Herstelwerk van gereedskap word in Stilbaai gedoen.
Die besigheid bied 'n wye reeks toerusting, kompressors, aanleg- en kraggereedskap, asook steiers teen mededingende pryse vir die bou van huise en besighede, padwerke en konstruksie, terwyl hulle ook toerusting vir kliënte se spesiale behoeftes aankoop en aflewer.
Mass Hire gee ook terug aan die gemeenskap, soos borgskappe aan die Hoër Landbouskool Oakdale se o.16-rugby die afgelope paar jaar, Seagulls-rugbyklub en Bertie Barnard se Bulletjie-rugby.
Hulle bedank hul lojale kliënte vir hul getroue ondersteuning gedurende die afgelope nege jaar.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'