Sponsored Content
SAKENUUS - BVSA Stilbaai het op 1 Julie 2026 'n besondere mylpaal bereik: 30 jaar se diens aan die Stilbaai- en Hessequa-gemeenskap.
Die viering val saam met die begin van 'n nuwe hoofstuk. Ná drie dekades in die Attie Nel-gebou in Voortrekkerweg het die kantoor na 'n nuwe perseel verhuis.
Hoewel die adres verander het, bly persoonlike diens, plaaslike betrokkenheid en 'n opregte begrip van elke kliënt se unieke omstandighede die kern van BVSA Stilbaai se werksaamhede.
Die kantoor se geskiedenis strek terug tot 1 Julie 1996, toe Wessels en Kie sy deure in Stilbaai geopen het.
In 1998 het die kantoor onder die naam Boshoff Visser begin handel en in 2016 is die BVSA-naam en -handelsmerk bekendgestel.
Die kantoor vier dus vanjaar nie net 30 jaar se diens in Stilbaai nie, maar ook 10 jaar onder die BVSA-handelsmerk.
In dié drie dekades het die werksomgewing ingrypend verander.
Handgeskrewe dokumente en papierlêers het plek gemaak vir digitale stelsels, terwyl wetgewing en sakevereistes toenemend ingewikkeld geraak het.
Ten spyte van hierdie veranderinge het die span sy fokus behou om elke kliënt met toepaslike, persoonlike en verstaanbare advies te ondersteun.
Die verhuising na Thys Vissieweg is 'n gepaste stap in hierdie nuwe fase. Die nuwe adres is Thys Vissieweg 5, Stilbaai, 6674.
Die perseel bied 'n uitnodigende en moderne ruimte vir bestaande sowel as toekomstige kliënte.
Kliënte sal steeds deur dieselfde bekende span bedien word en dieselfde professionele ondersteuning ontvang.
Die plaaslike telefoonnommer, 028 754 2009, bly ook onveranderd.
Vanuit sy nuwe tuiste sal BVSA Stilbaai voort-gaan om persoonlike en besigheidsgerigte finansiële dienste aan klein en medium ondernemings, familieondernemings, boere, professionele praktyke en individue te lewer.
Die dienste sluit onder meer korttermyn- en lewensversekering, beleggings, mediese-fondsadvies, testamente en trusts, asook belasting- en rekeningkundige dienste in.
Die BVSA-span van Riversdal.
BVSA se landswye netwerk gee die Stilbaai-kantoor toegang tot gespesialiseerde kundigheid.
Kliënte ontvang dus die persoonlike diens van 'n plaaslike kantoor met die ondersteuning van 'n groter professionele netwerk.
Die kantoor se bydrae tot die gemeenskap is ook in 2024 erken toe dit die Stilbaai Sakekamer se Prestige-toekenning in die kategorie Professionele Dienste ontvang het.
BVSA is ook by die Best of Hessequa Readers' Choice Awards 2026 as wenner aangewys in die kategorieë Best Financial Planning / Brokers en Best Accounting / Auditing Firm.
Dié erkenning sluit die dienslewering van BVSA se Riversdal-, Heidelberg- en Stilbaai-kantore in.
BVSA Stilbaai bedank graag sy kliënte, huidige en voormalige personeellede en die breër Stilbaai- en Hessequa-gemeenskap vir hul ondersteuning en vertroue oor die afgelope drie dekades.
Die Attie Nel-gebou sal altyd 'n besondere plek in die kantoor se geskiedenis hê.
Met 30 jaar se ervaring as grondslag sien die span met vertroue uit na die volgende hoofstuk in Thys Vissieweg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’