Advertorial
SAKENUUS - Wanneer jy vandag by BVSA Heidelberg-kantoor instap, gaan net die straatadres verskil. BVSA Heidelberg skuif na Van Riebeeckstraat 46.
In 2020 sal dit 25 jaar wees sedert die huidige firma, BVSA, sy eerste kantoor op Heidelberg gevestig het, naamlik in Muirstraat 8 gedurende Julie 1995 onder die naam Wessels & Kie. Ons skuif 'n paar jaar later in 1997 na Swartstraat 5, eers onder die naam Visser, Steenkamp, Wessels & Kie, voor ons die Boshoff Visser naam in 1998 vestig. Hierna skuif ons na waar ons tans in Fouriestraat 33 is.
BVSA bedank hiermee ons kliënte en die algemene publiek van Heidelberg vir hulle ondersteuning die afgelope amper kwarteeu en vir die voorreg om hier te kan besigheid doen.
BVSA het 'n sagte plek vir Heidelberg en sy mense.
Die nuwe kantoordeure maak amptelik in Mei 2019 oop.
Kom loer gerus in! BVSA sien uit na die volgende 25 jaar!
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'