Riversdaller SP Vermaak het in 2008 by Hoërskool Langenhoven gematrikuleer. Hy behaal 'n graad in BComm (Bestuurswetenskap) met hoofvakke Beleggings- en Finansiële Bestuur by die Stellenbosch Universiteit. Hy is tans besig met die nagraadse diploma in Finansiële Beplanning by die Universiteit van die Oranje Vrystaat.
Albertus Swart het ook in Riversdal by die Hoër Landbouskool Oakdale in 2007 matriek geslaag. Hy is tans deeltyds besig met 'n graad in B Art et Scien in Beplanning en is betrokke by Boshoff Visser Korttermyn op Riversdal.
Suzette Botha het in 2008 by Hoërskool Kalahari in Kuruman gematrikuleer. Sy studeer by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom vir haar graad in BComm Ekonomie, Risiko en Beleggingsbestuur, asook 'n honeursgraad in Risikobestuur. Sy is tans besig met die nagraadse diploma in Finansiële Beplanning by die Universiteit van die Oranje Vrystaat.

SP Vermaak.

Albertus Swart.