Advertorial
HESSEQUA SAKENUUS EN VIDEO - Drie formidabele vrouens het in die jaar 2000 besluit om hul eie eiendomsagentskap te begin en vanjaar, op Dinsdag 1 September het hierdie gevestigde firma hul 20ste bestaansjaar herdenk.
Marina Stadler, Ria du Preez en Dorette Booysen het op die naam Amana besluit, wat "verbond" beteken omdat dit 'n goeie verbintenis met dié soort besigheid is.
Die drie driehoeke op hul logo versinnebeeld die drie vennote van die agentskap.
"Die vierde is die Here, wat van die begin af nog deel van die agentskap was. Ons was geseënd om 'n huis te kon koop wat baie sentraal naby Fynbos-winkelsentrum geleë is en ons het in 2002 daar ingetrek," verduidelik Marina.
Sy was tot 2017 'n aandeelhouer in die firma. Intussen het Cherise Roodt en haar man, Manie kom oorneem en hulle het 'n kantoor in Jongensfontein gevestig.
Ria en haar man, Raymond, wat sy gewig ook by Amana ingegooi het, het 21 jaar gelede vanaf Stilfontein in die Noordwes-provinsie na Stilbaai getrek en nooit weer teruggekyk nie. "Ons kliënte word ons vriende en daarom wil ek ook 'n spesiale versoek rig aan almal wat ons ken: Kom sê weer hallo, kom drink 'n koppie tee saam met ons en bring julle eiendom sodat ons dit vir julle bemark," nooi sy.
Marina stem volkome daarmee saam. "Die liefde wat ons ervaar en vriende wat ons deur die jare deur middel van ons besigheid gemaak het, is baie kosbaar. Ons is baie betrokke by die gemeenskap, want ons is deel daarvan. Ons reik uit na die gemeenskap en ons hand is ook oop vir die gemeenskap."
Fotogalery: Amana Eiendomme vier 20 jaar
Ria sê Amana se grootste bate was nog altyd hulle agente en sy bedank hulle daarvoor. Sy bedank ook al die mede-agentskappe wat hulle nog altyd goedgesind was.
Kyk 'n video hieronder:
Dienste
Amana Eiendomme doen vakansie- en permanente verhurings, koop en verkoop van erwe en huise, tot plase en besighede in die Hessequa-streek. Hulle beskik oor 16 agente wat voornemende kopers, verkopers en huurders in die streek sal rondwys tot hulle die ideale plek, of prys wat hul sak pas, gevind het.
Foto's van plekke wat te koop aangebied word, is ook by die eiendomsagentskap te sien.
Kontakbesonderhede
- Adres: Buitekantstraat 4, Stilbaai-Wes
- Kontaknommer: 028 754 3300
- Faks: 028 754 2929
- Epos: amana@amana.co.za
Besoek hulle ook op hul webtuiste by www.amana.co.za of op hul Facebook-blad.
Professionele, vriendelike diens is Amana se wagwoord.
Gesondheid op die volgende 20+ jare!
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'