Advertorial
SAKENUUS - Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners bring hul beroemde Dansende Wit Perde op 7 Oktober 2026 na die Riversdal Skougronde!
Riversdal maak gereed vir ’n besondere aand wanneer die Suid-Afrikaanse Lipizzaners hul indrukwekkende klassieke ruiterkuns op 7 Oktober om 18:30 by die Riversdal Skougronde kom vertoon.
Besoekers kan uitsien na meer as 600 jaar se ruiterkuns en geskiedenis wat op ’n unieke manier lewendig word.
Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners bewaar ’n klassieke ruiterkunstradisie wat sy oorsprong het in die opleiding van Europese oorlogsperde.
Die majestueuse wit Lipizzaner-hingste sal van hul indrukwekkendste bewegings uitvoer, waaronder die piaffe, levade, courbette en capriole.
Hierdie besondere bewegings het oorspronklik ’n praktiese doel op die slagveld gehad, maar word vandag as ’n waardevolle deel van ons ruitererfenis bewaar.

Die vertoning bied die ideale kombinasie van geskiedenis, perde en ruiterkuns en is ’n ervaring vir die hele gesin. Dit bied ook aan leerders ’n unieke geleentheid om geskiedenis nie net te lees nie, maar dit voor hul oë te sien afspeel.
Skole wat 20 of meer kaartjies bespreek, kan kaartjies teen ’n spesiale tarief van slegs R100 per persoon kry.
- Woensdag, 7 Oktober, om 18:30
- Riversdal Skougronde
- 079 716 4792
- [email protected]
- www.lipizzaners.co.za
Kom ervaar geskiedenis in beweging!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’