Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Riversdal-landbougenootskap bied vir die tweede jaar die Suid-Kaapse skeerkampioenskappe aan waartydens 450 skape geskeer en die wol geklas word.
Deelnemers kom van so wyd as Philippolis, Gauteng, Noordwes en die Vrystaat.
Verskeie skole soos Elsberg, Hoër Landbouskool Oakdale en Hoër Landbouskool Boland gaan ook deelneem.
Die program het Vrydagaand 16 Februarie om 19:30 afgeskop met die spoedskeerkompetisie waar tot 30 topskeerders teen mekaar meegeding het vir tyd en spoedvernuf.
Vir die beste skeerders was daar 'n kontantprys van R7000 ná die uitdunne.
Vanoggend (Saterdag 17 Februarie) begin hulle met die wolhantering waar die wol geklas en hanteer word om die junior en opeklaswenner te kroon.
Om 09:30 sal die baba- en kleuterfotokompetisie by die Standard Bank-tent langs die hoofarena baie aandag trek en om 10:00 volg die skou se braaimeesterkompetisie vir laerskoolleerders, ook by die Standard Bank-tent.
Die Boerboel-hondeskou om 10:00 beloof om interessant kykgenot te verskaf. Dit vind by die beesafdeling plaas
Om 11:00 volg die Wes-Kaapse Boerbok-klubkampioenskappe.
En van 14:00 tot 18:00 word die kampioene onder die perde in agt kategorieë aangewys. Dit kan een van vanjaar se skouhoogtepune wees.
Die aand word afgsesluit met Chris Steyn se optrede in die FNB-lokaal.
VIDEO - Elizma Pottas, bekende in perdekringe in Hessequa en betrokke ook by die jeugskou, wat deel vorm van vanjaar se Riversdal-landbouskou, gesels oor die jeugskou:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’