RIVERSDAL NUUSFLITS - Piet van der Mescht (77) of Piet-groenvingers het onlangs ’n spoggerige groot boerpampoen in sy groentetuin gevind.
Daar is reeds twee wat só groot is dat hy dit nie self kan optel nie.
Hy is lief daarvoor om in die grond te vroetel.
Om tuin te maak en sy papegaai, Kasper, nuwe sêgoed te leer is sy gunsteling tydverdryf.
Indien jy wil weet hoe groot dié pampoen is moenie vergeet om die Suid-Kaap Forum te kry nie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'