Na 'n warm koppie koffie en registrasie het ds Deon Beyers die opening waargeneem, waarna die sprekers Hannes Otto van Ottosdal Geenbewerkingsgroep Bewaringslandbou in die Noorde, asook dr Johann Strauss van WKDL aan die woord was.
Laasgenoemde het terugvoer gegee oor sy onlangse besoek aan Amerika en Kanada. Jan Hendrik Joubert het die bedankings waargeneem.
Proefpersele is daarna besoek, wat onder meer smoorgewasse, Canola kultivar, voergraan demoperseel, dekgewasse demo en skyfplanter saaidigtheidsdemos ingesluit het.
Soos in die verlede was die inligtingsdag 'n groot sukses met 207 boere teenwoordig, wat nege oud-Oakdalers en huidige leerders ingesluit het.
Die verrigtinge is met 'n heerlike ete, voorberei deur Fanie le Roux en sy span, afgesluit.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
.jpg)
Van die boere en leerders by die inligtingsdag.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'