RIVERSDAL NUUS - 'n Eg plattelandse atmosfeer, met die fokus op landbou. So beskryf Pieter van Wyk, president van die Riversdal Landbougenootskap, die skou wat van 14 tot 18 Februarie 2024 duur.
Perde, skape, boerbokke, boerboele, beeste, pluimvee, stalletjies, industriële stalletjies, 'n skaapskeerkompetisie sowel as 'n spoedskeerkompetisie gaan sorg vir heelwat opwinding.
Die Suid-Kaap skeerkampioenskappe word vir die tweede jaar hier aangebied en 450 skape gaan geskeer word.
Deelnemers kom so wyd as Phillipolis, Gauteng, Noordwes en die Vrystaat.
Die program skop Vrydagaand 16 Februarie om 19:30 af met die spoedskeerkompetisie waar tot 30 topskeerders teen mekaar meeding.
Saterdag 17 Februarie skop vroeg af met wolhantering en 'n skaapskeerkompetisie met die hoogtepunt, die ope-skeerkampioenskappe om te bepaal wie die heel beste skaapskeerder is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’