LANDBOU NUUS - 'n Nuwe inisiatief om agri-toerisme te bevorder en werksgeleenthede te skep, is op Herold, hoog op in die Outeniquaberge, bekendgestel. Dit staan bekend as Just en na verwagting sal dit minstens 20 nuwe werksgeleenthede skep. Dit is 'n gemeenskapsgedrewe projek en is Vrydagaand, 11 September, bekendgestel.
Die geleentheid is ondermeer bygewoon deur Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, en Gerrit Pretorius, speaker van die George-stadsraad. Die George-mannekoor het tydens die geleentheid opgetree.
Die dorp is sowat 35 km van George en is hoofsaaklik 'n landbougemeenskap. Daar is twee skole, 'n kerk en 'n poskantoor.
Die projek word in verskillende fases aangepak.
In die eerste fase, wat reeds begin het, is 'n koffiewinkel en 'n haarsalon geopen. Die tweede fase het Maandag 14 September begin en maak onder meer voorsiening vir 'n wewery en ander fabrieke waar produkte soos serpe gemaak kan word. Die plan is ook om 'n mikrobrouery, wat byvoorbeeld bier vervaardig, in te rig.
Gideon Brits, dryfkrag agter die projek, het gesê dit bevat verskeie komponente. Daar word gehoop om ook 'n trouvenue te vestig. Dit sal die totale pakket bied en mense wat daar trou sal hul naels en hare daar kan versorg.
Gerrit Pretorius, speaker van die George-stadsraad, was die geleentrheidspreker. By hom is sy eggenoot, Lomine.
Brits is baie opgewonde oor die projek en het nog planne. Hy is ’n gekwalifiseerde hoedemaker en wil dit ook daar vestig sodat hoede uitgevoer kan word.
Die plan is om skape, bokke en koeie aan te hou vir kinders om aan te vat en die koeie te melk. Ritte op perde en donkiekarre sal ook aangebied word. Mense moet die platteland ten volle kan ervaar.
Deel van die projek is ook opheffingswerk.
"Mense besef nie hoe mense sukkel om aan die lewe te bly en wat hulle behoeftes is nie." Die plan is om slegs plaaslike mense in diens te neem. Op die langtermyn vorm dit ook deel van 'n inisiatief om die Montagupas se toerisme moontlikhede te ontsluit.
Pretorius het gesê dis 'n daadwerklike poging om agri-toerisme te bevorder. "Dit verdien steun."
Die George-mannekoor het tydens die geleentheid opgetree.
Dit kan 'n ekonomiese bydrae tot die gebied lewer. Volgens hom moet in gedagte gehou word die meerderheid van die inwoners in die gebied is afhanklik van seisoenale werksgeleenthede.
Simmers het dit in sy privaat hoedanigheid bygewoon en die inisiatief verwelkom.
"Ons moedig inwoners aan om die plaaslike ekonomie te ondersteun wat toerisme gefokusde inisiatiewe is. Ons moet belê in ons landelike sektore. Hulle het ook 'n bydrae om te lewer ten opsigte van die ekonomie van George en die Tuinroete in die geheel."
A new agri-tourism initiative was announced on Friday evening (11 September) in Herold, a village high up in the Outeniqua mountain. It is community-driven and it is hoped that it will create at least 20 new jobs.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'