WES-KAAP NUUS - Takke van AfriForum in die Wes-Kaap het tussen 21 en 30 November by polisiestasies op Albertinia, Stilbaai, Riversdal, Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Hermanus en Vredendal memorandums oorhandig om die aandag op plaasaanvalle te vestig.
Die organisasie het ook die memorandum aan polisiestasies in gebiede oorhandig waar daar nog nie AfriForum-takke is nie, insluitend Klapmuts, Stellenbosch, Malmesbury, Wellington en die gebied rondom Kaapstad Internasionale Lughawe.
Landswyd is meer as 100 memorandums oorhandig.
Volgens die distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap, Deon de Jager, was die memorandums positief ontvang.
"Dit is vir ons belangrik om 'n goeie verstandhouding met die polisie te hê en ons is dankbaar vir elke polisielid wat hul samewerking tydens die oorhandiging van die memorandum gegee het."
Raak by AfriForum se buurt- of plaaswagte betrokke: SMS 'Veiligheid' na 45351 (R1).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'