Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die jaarlikse Suid-Kaap Jerseyklub kuddekompetsie is nie sommer net ‘n gewone skoonheidskompetisie onder koeie nie, dit is ‘n soort skoonheid wat sy pluspunte vanuit ‘n ander hoek uit verdien.
Hoewel mens sou dink jy moet die koei se mooi oë en pels bewonder, word hoofsaaklik op die agterkant, wat op die uier betrekking het, gefokus.
Johannes en Hanro Uys (pa en seun) het vanjaar die beoordeling van 21 plase in die streek vanaf 18 tot 22 September behartig.
Ongeveer 8 900 koeie het deelgeneem, waarvan 10-20% beoordeel is.
Wat hierdie Jerseyklub so besonders maak, is dat dit vir die tweede agtereenvolgende jaar as die beste in die land aangewys is.
Jerseys is bekend vir die vaste stowwe in hul melk (hoë protein en bottervet).
Kyk video hieronder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'