RIVERSDAL NUUSFLITS - 'n Boer van Riversdal, Piet Lotz, het vanjaar met die louere weggestap as Pampoenkoning na afloop van die jaarlikse Pampoenfees vanaf Vrydag 23 tot Saterdag 24 Maart op Heidelberg.
Sy monsterpampoen het die skaal op 532,4 kg getrek. Dit was net-net te min om die huidige Suid-Afrikaanse rekord van 556 kg wat verlede jaar deur Hugo le Roux opgestel was, te kon verbysteek.
Dit is die vierde keer wat Lotz ingeskryf het, maar vorige jare het sy pampoene beswaarlik die 300 kg-merk gehaal.
Die tweede plek is deur Elizna Lotz ingeneem met haar 438 kg pampoen, gevolg deur Pinkie Swart met sy 365,8 kg pampoen.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'