RIVERSDAL NUUS - Leerders, ouers en die gemeenskap van die Hoërskool Wolmaransstad het hul harte vir die skool oopgemaak.
'n Vragmotor en sleepwa vol akkerbonehooi en tefbale is vir die Bulle ingesamel. Die welkome vrag is op 10 Augustus by Oakdale ontvang.
"Ons het groot dank vir die groot geskenk wat ons van hulle ontvang het. Die gebaar van hulp van een skool aan 'n ander maak dit des te meer spesiaal," aldus mnr. André Latsky, skoolhoof. Oakdale bedank dié skool, asook donateurs.
Vervoer is verskaf deur Lyle Hoadley Vervoer en brandstof deur Route Quest.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'