Hierdie kursusse maak deel uit van die kurrikulum en daar is in die afgelope week vyf kursusse aangebied vir graad 10- en 11-leerders, onderskeidelik.

Georganiseerde landbou: Leerders aan die Hoër Landbouskool Oakdale wat die kursus in Georganiseerde landbou bygewoon het. Hier staan mnr. André Latsky (skoolhoof) by mnr. Johan Bothma van Agri-Wes-Kaap.

Suiwelkursus: Eco-Lab het die suiwelkursus weereens geborg. Hier staan die aanbieders, mnre. Christiaan Swart (links) en Smiley Cronje (regs) by mnr. André Latsky (skoolhoof).