WES-KAAP NUUS - AfriForum se takke in die Wes-Kaap het tussen 21 en 30 November by polisiestasies in Mosselbaai, Oudtshoorn, George, Albertinia, Stilbaai, Riversdal, Hermanus en Vredendal memorandums oorhandig om die aandag op plaasaanvalle te vestig.
Memoranda is ook aan polisiestasies in areas oorhandig waar daar nog nie AfriForum-takke is nie.
Landswyd is daar meer as 100 memorandums oorhandig.
“Dit is vir AfriForum belangrik om ’n goeie verstandhouding met die SAPD te hê en ons is dankbaar vir elke polisielid wat hul samewerking tydens die oorhandiging van die memorandum gegee het,” sê De Jager verder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'