RIVERSDAL NUUS - ‘n Groep leerders het Donderdagaand 15 Februarie amok by die plaaslike landbouskou gemaak toe hulle baklei en mekaar met skêre wou steek.
Die sekuriteitsbeamptes het hulle van die perseel verwyder, waarna die kinders volwassenes aangehits het om hulle te help om die beamptes aan te val.
Twee van die sekuriteitsbeamptes is beseer.
Volgens inligting was die kinders gevisenteer en messe op hul gevind.
Lt.kol. Delicia Isaacs, stasiebevelvoerder van Riversdal-polisie het by navraag genoem dat die kinders se gedrag onder geen omstandighede geduld sal word nie.
Lees meer hieroor in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'