Stilbaai-leser skryf:
In een van die natste winters in 'n lang tyd met damme wat oorloop en die somer wat maklik nog vier maande vêr weg is, hoe word daar bepaal dat 'n vlak 2 en 3 beperking steeds nodig is?
Onder die huidige omstandighede klink dit verregaande om beperk te word om slegs twee keer per week vir 'n uur elk tuine te mag natmaak of voertuie uit 'n emmer te was. Die gemeenskap betaal vir die water en as dit nie nodig is om tuine nat te maak nie behoort daar nie kommer daaroor te wees nie.
Hou asseblief die beperkings realisties ook vir wanneer daar regtig nood is en samewerking verwag word.
As die besluit wel grondige rede het, sal die verskaffing van 'n verduideliking, ook in die pers, dalk 'n goeie idee wees.