Helpende Hand op Riversdal,
Helpende Hand in Riversdal wil met dié brief net vir Suid-Kaap Forum van harte bedank vir al die artikels wat julle plaas om 'n groter bewusmaking van Helpende Hand-tak in die dorp, en ook in die groter Hessequa-streek, te skep. Die goeie werk wat Helpende Hand in die gemeenskappe doen om na minderbevoorregtes uit te reik, gaan meesal ongesiens verby. Daarom waarder ons julle hulp om die goeie boodskap te help uitdra. As ons almal saamspan, kan ons 'n groot verskil maak.
Baie dankie weereens Suid-Kaap Forum.