RIVERSDAL NUUS - 'n Wêreldbekende orrelis Martin Mans van Rotterdam in Nederland, gaan 'n orreluitvoering op Sondag 22 Oktober om 16:00 in die NG Moederkerk gee.
Mans het reeds op die ouderdom van sewe begin orrel speel en is op 12-jarige ouderdom as orrelis van die kerk op sy tuisdorp aangestel.
Hy gee 250 orreluitvoerings jaarliks in sy tuisland, asook Suid-Afrika, Kanada, Amerika en Australië.
Buiten sy optredes is hy ook dirigent van drie beroemde kore.
Hy komponeer self, doen graag verwerkings en is bekend vir sy improvisasies op volksmusiek, waarmee hy almal ook in die Moederkerk teenwoordig gaan trakteer, met onder meer sy verwerking van Sarie Marais.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'