VERMAAKNUUS - Suid-Kapenaars word bederf met 'n trilogie van komedie hierdie Desember. Die Garden Route Casino se Bravo Lounge bring vir Lizz Meiring, Schalk Bezuidenhout en Germandt Geldenhuis saam met Je-ani Swiegelaar verhoog toe in drie verskillende vertonings wat die feesseisoen ekstra spesiaal sal maak.
Lizz 35
Aktrise Lizz Meiring vier vanjaar 35 jaar in die vermaaklikheidbedryf, en in die klets- en sketskonsert, Liz 35 vertel Lizz van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig - die verhaal van die aanslae, gelukskote, opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer.
Snorseun
Snorseun is Schalk se derde Afrikaanse eenmanvertoning. Teatergangers kan uitsien na vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Met vertellings oor alles van wildritte en legkaartbou tot 'n trick in die fliek, sal Schalk jou laat skater. Schalk het Suid-Afrika al deurkruis met Snorseun en vol sale by kunstefeeste gelok. Hierdie is van die laaste geleentheide wat teatergangers vir Schalk in aksie kan sien in hierdie spesifieke eenmanvertoning. Snorseun sal baie reaksies by jou uitlok, waarvan lag sommer lag-lag die grootste is.
Schalk Beszuidenhout in Snorseun.
KeelVOL
Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Mariëtte Labuschagne werk in 'n boekwinkel op dieselfde dorp. Al wat sy wil doen is sing en perform. Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk? Germandt Geldenhuys (Louis Koster in Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (sr. Naomi Ferreira in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hulle verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie.
Louis Koster en en Je-ani Swiegelaarin KeelVOL.
Waar en wanneer
19 Desember: Lizz 35
20 Desember: Snorseun
26 Desember: KeelVOL
Venue: Garden Route Casino, Bravo Lounge
Tyd: 20:00
Kaartjies: Computicket
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'