STILBAAI NUUS - Amgelica Zass van die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes het Stilbaai Woensdag 22 November besoek om die mini-biblioteek vir siggestremdes by die Stilbaai biblioteek te open.
Die Wes-Kaapse Departement van Kulturele Aangeleenthede en Sport in samewerking met die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes in Grahamstad skenk aangepaste cd spelers aan siggestremdes om oudio-boeke te kan gebruik.
Dit word deur die plaaslike biblioteek hanteer en belangstellendes word geregistreer om van die diens gebruik te maak.
Die cd speler kos tussen R7 000 en R8 000 rand en met die beperkte begrotings waarmee die Departement worstel is hierdie 'n prysenswaardige diens wat hulle lewer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’