STILBAAI NUUS - Die Mannekoor van die Stilbaai Sangers hervat op Donderdag 2 Julie sy weeklikse oefeninge en nooi mans van alle ouderdomme uit om deel te word van die koor.
Volgens koorleier Anine Fourie is dit die ideale tyd vir nuwe lede om aan te sluit.
" Of jy jonk of meer ervare is, maak nie saak nie - kom sluit aan en deel in die vreugde van koorsang," sê sy.
Die koor se volgende groot optrede is tydens die jaarlikse Kerskonsert, wat nuwe lede genoeg tyd gee om die repertoire aan te leer en deel van die groep te word.
Die Mannekoor is een van drie kore wat saam die Stilbaai Sangers vorm. Die ander twee is die Seisoene Sangers, 'n gemengde koor, en die Disa Dameskoor.
Die koor bied aan mans wat graag sing die geleentheid om hul stemme te ontwikkel, nuwe vriende te maak en deel te wees van 'n musikale gemeenskap wat die liefde vir sang deel.
Oefeninge vind elke Donderdag van 17:00 tot 18:00 plaas.
Belangstellendes wat graag by die Mannekoor wil aansluit of meer inligting verlang, kan Anine Fourie by 084 407 9399 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’