Verskeie kore van ander dorpe, waaronder Limited Edition en Eyes on Christ van Riversdal, Verenigde Lofdal Pinkster Jeugkoor van Elim, die Christen Gemeente Jeugkore van Riversdal en Slangrivier, asook die Slangrivier Primêr skoolkoor, het die gehoor met hul goue stemme trakteer.
Die alombekende Sylvia Boezak en die singende egpaar, Carlen en Magdalene Phillips van Slangrivier, het ook die gehoor met hul geestelike liedere betower en bemoedig.
Die New Born Stars kersfeeskoor het die musiekbegeleiding verskaf.
Tydens die verrigtinge het Slangrivier Gospel orkes ook hul CD, "I Must Work" vrygestel.

Die groep musikante is die stigterslede van die Slangrivier Gospel orkes. Van links staan: Freddie Fredericks (sanger), Raldon Kistoor (tromme), Andiel de Jager (klawerbord), NJ Pietersen (musiekvervaardiger), Pieter Kistoor (sanger/veelsydige musikant), Jan Michaels (leierkitaar) en André Boezak (baskitaar). Foto's: Clive Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'