STILBAAI NUUS - Die sangeres en motiveringspreker Nedine Blom, het die skoner geslag Saterdagoggend 21 Oktober behoorlik bekoor met haar optrede in die gemeenskapsaal.
Ma's, hul dogters en vriendinne het die geselligheid ten bate van Laerskool Bertie Barnard terdeë geniet.
Tafels met 'n Walt Disney-tema is deur die ma's en dogters opgemaak en dit was duidelik dat die dames net soveel pret met die kunstige versierings en eetgoed gehad het as hul dogters.
Blom se vertoning was 'n inspirasie vir vrouens, maar sy het ook die ernstige boodskap van mensehandel en die handel in kinders, asook die belangrikheid van aanlynveiligheid wat sosiale media betref aangeraak.
Dié helder pienk feetjietafel met 'n paar van die feetjies is as die mooiste feetjietafel aangewys.
Nedine Blom saam met van die ma's en hul dogters wat die damesoggend meegemaak het.
ARTIKEL EN FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'