Die pampoensade is geplant, geoes en die kosbare vrugte word waarskynlik nou die laaste vertroeteling toegedien totdat hul aangery word om die Goliat van Gat-skaal te laat tiep.
Die dorp gaan weer letterlik oranje geverf word met pampoene, pampoenresepte, pampoengeheime, pampoen-idees, pampoenpitte (wat reeds in pampoene verander het) en allerhande pampoenverwante dinge!
Die Suid-Kaap FORUM en Group Editors is weer trots hierdie jaar die hoof mediaborg vir die Pampoenfees en die koerant gaan hierdie jaar ook ‘n stalletjie by die fees beman om die koerant te bemark.
Kom loer gerus in en kry ‘n gratis koerant!
Pampoenrekords deur die jare:
Leon Stemmet van Montagu het verlede jaar die rekord laat spat met ‘n 325kg pampoen wat behoorlik die skaal laat tiep het. Die uitslae deur die jare is soos volg:
- 2006: Leon Stemmet: 176,4kg;
- 2007: Alta Goosen: 202kg;
- 2008: Gert van Deventer: 189kg;
- 2009: C van Rensburg: 199kg;
- 2010: Leon Stemmet: 284kg