Nathalie Fredericks en Angelo Moroka wat op vandeesweek se voorblad verskyn, is die nommer een danspaar wat onder andere aan die byeenkoms gaan deelneem en sal wys hoekom hul so hoog aangeslaan word.
Op plaaslike front sal die Broadway School of Dancing, onder leiding van Stephen Solomon met ses paartjies deelneem.
Cornville Kortjé, Zanthia Joseph, Calvin Basson, Tiffany Jaftha, Johnlyn Johannes en Nadine Loverlot is van die dansers wat die skool gaan verteenwoordig.
"Die skole en beoordelaars wat verlede jaar hier deelgeneem het, was so beïndruk met ons dorp dat hulle gesê het dat dié byeenkoms nou elke jaar hier gehou gaan word," vertel Solomon, duidelik in sy skik. Vanjaar se tema is Dance with Sleeping Beauty.
Kaartjies sal by die deure verkoop word en beloop R80 vir kinders onder 17 en R90 vir volwassenes bo 17 jaar. Dit begin om 13:00 en sal tot laat aanhou.
Vir meer inligting kan Solomon geskakel word by 071 056 3046.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Broadway School of Dancing se deelnemers tydens verlede jaar se byeenkoms. Stephen Solomon sit in die middel (met rooi baadjie).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'