STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sangers geniet tans 'n welverdiende ruskans ná hul suksesvolle Winterkonsert wat op Vrydag 8 Mei in die NG Kerk Stilbaai aangebied is.
Hoewel die kore vir 'n kort tydjie asem skep, hervat die oefeninge reeds op 2 Julie ter voorbereiding van die jaarlikse Kerskonsert in Desember. Volgens die koorleier van die Seisoene Sangers en Mannekoor, Anine Fourie, word nuwe lede uitgenooi om by die groepe aan te sluit.
Die kore oefen elke Donderdag in Die Waenhuis by Jagersbosch, waar sangers die geleentheid kry om hul liefde vir musiek met ander te deel.
Die Stilbaai Sangers bestaan uit drie kore: die Seisoene Sangers, 'n gemengde koor; die Mannekoor; en die Disas, 'n vrouekoor.
Volgens die lede bied sang nie net musikale genot nie, maar dra dit ook by tot goeie gesondheid en 'n positiewe gemoed. Die groep is verder bekend vir die hegte vriendskappe en aangename samesyn wat deur die jare ontwikkel het.
Belangstellendes wat graag deel van een van die kore wil word, kan Anine Fourie by 084 4079399 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’