Die musiekafdeling, wat vanjaar deur Mario Nell van Stellenbosch beoordeel word, vind plaas in die burgersentrum. Gaan luister na aanbiedings soos klaviersolo’s en -duette, fluite, strykinstrumente, ensembles, klawerbord, kooruitvoerings en selfs revues.
U kan by Hoërskool Langenhoven na die drama-afdeling gaan luister waar poësie, monoloë, dialoë, eenbedrywe en koorspraak aangebied gaan word. Die beoordelaar in hierdie afdeling is Johann Nel van Stellenbosch.
'n Moét sien is die pragtige inskrywings in die kunsafdeling wat by Paddavlei uitgestal word. Marlise Lombard sal die stukke beoordeel. Die program van die fees is beskikbaar by Nieu Script.