Gallery Update
STILBAAI VERMAAKNUUS - Die kusdorp het gedurende die Desembervakansie vir die eerste keer 'n rock konsert, Rocking Stilbaai wat deur SA Concerts (CSA) aangebied is, beleef.
Dié instansie is 'n gesamentlike Suid-Afrikaanse en Noorweegse-projek wat onder die vaandel van die SAMRO-trust aangebied word. Die doel van die konserte is om met die hulp van musikante, promotors, venue-eienaars en jong gehore lewendige musiekaanbiedings en waardering daarvoor te bevorder.
Sowat 4 000 toegangskaartjies is vir die konsert wat op 26 en 27 Desember op 'n oop stuk grond net buite die dorp aangebied is, verkoop.
Die gehoor het meestal uit studente wat oor rock- en popmusiek gaande is, bestaan. CSA, wat ook die konserte Rocking Potch en Rocking Stellies aangebied het, het duidelik geweet wat hulle doen en wat om te wagte te wees.
Onder die kunstenaars wat opgetree het was Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B, Van Pletzen, Locnville, Pascal & Pearce, Justin Vega, Glaskas, Straatligkinders, Dans Dans Lisa en Almero.
Volgens hooforganiseerder Eduard Hugo is hy meer as tevrede met die groepe en individue wat opgetree het. "Ons sal beslis in Desember weer 'n konsert aanbied," het hy gesê.
Die waarderende gehoor het meestal uit studente bestaan. Foto’s: Michelle Spies, korrespondent
Lees 'n vorige artikel: Stilbaai van gees met konsert
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'