Die Stilbaai Mannekoor is vyf maande gelede deur mev. Naomi van Schalkwyk gestig. Mnr. Toon du Toit het as een van die sprekers opgetree en het die dames meer vertel oor die snoei van vrugtebome en struike. Volgens hom kan sagte struike in 'n bolvorm en fatsoene gesny word. Die tuinier moet net vooraf beplan die grootte en snoei die struike van kleins af in die vorm en daarna elke drie maande.
Mev. Jeanette van Eck se praatjie oor haar stokperdjie was ook vir die lede baie interessant. Sy het gesels oor fotografie en het selfs 'n paar wenke gedeel met die lede vir wanneer jy foto's neem. Sy het vertel dat 'n foto moet 'n fokuspunt hê. "Dit wat jy wil afneem is die belangrikste - daarom moet daar balans wees". Volgens haar moet daar 'n paar foto's van verskillende hoeke geneem word, en sy het gewaarsku dat mens nooit in die son in neem nie en het voorgestel dat die beste tyd vir foto's neem is vroegoggend en na drie in die middag.
Die voorsitter, Delene van Schalkwyk het ook laat weet dat die lede gevra is om die noodnommers wat op 'n gereelde basis in die Suid-Kaap FORUM verskyn, dit moet uitknip en opplak iewers in hul huise, of dit op hul selfone inlees vir paraatheid.
*IN SHORT
Members of Stilbaai VLV were treated to the 'Stilbaai Mannekoor' during a VLV annual general meeting on 11 June. Mr. Toon du Toit, one of the guest speakers shared his knowledge about gardening and especially the pruning of shrubs and fruit trees. Jenette van Eck talked about her photography hobby and the joy it brings. Mrs. Delene van Schalkwyk, the chairman of Stilbaai VLV urged members to always have the Hessequa emergency numbers at hand and suggested that these numbers should be added to your contact list on your cell phone.

Die Stilbaai Mannekoor, wat vyf maande gelede deur mev. Naomi van Schlkwyk gestig is.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'