STILBAAI NUUS - Indien jy daarvan hou om te dans, is Vrydagaand, 11 Mei, 'n datum om te onthou wanneer die Klipwerf-boereorkes in die kusdorp se gemeenskapsaal optree vir 'n lekker boereopskop.
Die geld wat deur middel van kaartjieverkope geïn word sal aan Huis Stilbaai geskenk word.
"Ons doen 'n beroep op almal om hierdie geldinsamelingsprojek te ondersteun. Indien al die kaartjies verkoop word, sal dit nagenoeg R30 000 in die tehuis se koffer plaas," sê Willie Welman, eienaar van Stilbaai Makelaars wat die inisiatief geneem het om die orkes te nooi.
Die geleentheid sal in die vorm van 'n mandjiedans wees en eie eet- en drinkgoed is nodig. Ys sal voorsien word.
"Baie dankie aan Sue Jordaan wat gratis akkommodasie aan die orkeslede verskaf, asook Rudi en Marijke Kleynhans wat die ys voorsien."
Vir meer inligting of navrae kan Marinda van As geskakel word by 028 754 1721 of 082 608 7827.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'